BESKUIT RESEPTE PDF

Sift the dry ingredients together in a bowl. In a different bowl, beat the eggs. Add about half the eggs and half the buttermilk to the flour and butter mixture. Sprinkle some flour on a counter or table top. Spoon out some of the mixture and start kneading, adding more flour if needed. Work the dough until it is not sticky anymore and has a pizza dough type texture.

Author:Mojin Doule
Country:Moldova, Republic of
Language:English (Spanish)
Genre:Marketing
Published (Last):27 October 2017
Pages:326
PDF File Size:15.88 Mb
ePub File Size:5.54 Mb
ISBN:676-7-53696-570-5
Downloads:3569
Price:Free* [*Free Regsitration Required]
Uploader:Bakinos



Kosmaak is vir my soos medikasie Voorbereiding, gaarmaak en die opruim Nouja as ek so voel oor karringmelk beskuit, dan moet jy weet gewone boerbeskuit is terapie in die vergrotende trap. Laas Vrydag oggend staan ek op en die mismoedigheid is op my Ek staar deur die venster in die tuin in terwyl ek wag dat die ketel kook en die eerste tekens van die komende winter is duidelik. Die bome begin hulle blare verloor en in die veld is die gras reeds droog en verdor.

Die grasperk is wel uitgedor en vaal maar een of twee ander verhoudings is weer aan die blom nadat ek gedink het hulle gaan kompos word. Voeg die spons by die meel Die ketel fluit en ek word teruggeruk na die werklikheid toe.

Met die stomende koppie koffie in my hand en beskuit in die ander, stap ek na my kantoor toe. Die dag het begin.

My binneste maal en kolk en swart wolke dryf kort kort deur my brein. Heel duidelik is die swartgalligheid besig om my te bemeester As ek aan hierdie beskuit dink dan dink ek aan my ouma Ek sien haar erde skottels en haar sterk arms wat die deeg knie.

Die kombuistafel wat kreun onder aanslag en swart gebrande beskuitpanne wat blink van die vet. Ek ruik die geur van anys en my mond water vir die uitlek van die kondensmelk blikkie Presies en stelselmatig begin ek die verskillende bestandele afmeet en uitpak op my werksblad. Reg vir die oond Die eerste proses is die maak van die spons en ek onthou die erde skotteltjie wat my ouma hiervoor gebruik het Ek sit die Kenwood op sy plek en gooi die meel in die mengbak Ek sien hoe die bye woel en werskaf in die grenadella boskasie en hulle stuifmeel belaaide pootjies wys dat hulle weet die swaar tye kom.

Klaar gebak Terug in die kombuis en ek sien die spons het goed gegroei en lyk mooi. Ek krap die paperysel in die megbak in by die meel en begin meng. Ek keer die deeg uit op my werksbank en rond die knieproses af met die hand. Daar is iets magies en sensieus aan so mooi bol deeg Ek het ook een pan krakelinge gemaak Ek smeer die rysskottel met olyfolie en plaas die bol deeg daarin.

Nou moet die bol goed rys. Net terloops, die olyfolie help baie om jou beskuit te beskerm teen swamme. Een uur en 40 minute later is die deeg mooi uitgerys en ek smeer my panne. Nou begin die eentonige proses van balletjies maak Ek laat die deeg in die panne weer rys tot tenminste dubbel die volume en toe gaan dit oond toe. Die reuk van anys vul my kombuis soos die oond sy werk doen en veertig minute later keer ek die bekuit brode uit op my draadrakke. Ek bak my beskuite met opset donkerder as wat die puriste dit soek want my familie hou nie van bleeksiele nie.

Versigtg breek ek die brode op en pak die stukke in die oondpanne waarin ek dit gaan droog. Nou is die werk verby en die tyd moet nou uitloop. Ek droog so teen 70C vir 5 ure. Kort nou net koffie Dis kort voor middernag dat ek die beskuite alles in een oondbak in pak en terug in die oond sit.

Ek skakel hom af en maak die deur toe. Nou gaan ek slaap want moreoggend het hulle almal mooi afgekoel en is reg om blikke toe te gaan. Ok en dis my storie Hier is die bestandele wat jy nodig gaan kry. Man Kos Kondensmelk en Anys Beskuit. As jy so bietjie gesonder wil voel kan jy die meel halveer en die helfte bruinbroodmeel gebruik - nie Nutty Wheat nie. Klits die eiers en meng dit met die koue water. Voeg dit by die kondensmelkmengsel en sprinkel die gis oor.

Roer liggies deur. Sprinkel g van die meel oor en meng deeglik. Jy het nou so meel paperysel vol borreltjies. Moenie oorhaastig wees nie, hoe meer die spons rys hoe beter gaan jou beskuit rys.

Intussen, gooi die anys, semels as jy dit gaan gebruik en die sout in die res van die meel. Dit maak die finale meng net makliker. Die deeg: Sodra jy tevrede is met jou spons, voeg dit nou by die meel en begin meng. Spoedig sal die deeg begin vorm. Ek doen die werk in my Kenwood en knie die deeg vir 7 tot 8 minute.

Die deeg moet baie elasties wees. Bedek met plastiek en steek een klein gaaitjie in. Laat nou weer rys to ten minste dubbel die grootte. Verhit jou oond nou to C. Smeer middelslag-broodpanne met botter of olie. Die Beskuit: Knie die deeg af. Knyp nou gholfbal-grootte bolletjies deeg af ek weeg die balletjies - so tussen 40 en 44gram en pak dit styf teen mekaar in die panne.

As jy jou hande met varkvet, botter of margerine smeer, werk dit goed en dit laat die beskuite ook makliker uitmekaar breek as dit gaar is Bedek die panne weer losweg en laat rys die deeg vir sowat minute. Dit moet tenminste dubbel uitrys. Wees versigtig, die kondensmelk laat die beskuit maklik te donker verkleur, so moenie jou oond te warm stel nie. Keer uit die panne uit, laat effens afkoel, en breek dan die beskuite versigtig los van mekaar af.

Hier is my Facebook Bladsy Man Kos Geplaas deur.

APOPLASTO SIMPLASTO PDF

Die lekkerste karringmelkbeskuit

.

EL BUHO DE MINERVA PDF

Buttermilk Rusks (Karringmelk Beskuit)

.

10 PRINSIP ISLAM HADHARI PDF

Growwe beskuit (Rough rusks)

.

EL PROCESO DE CRISTO IGNACIO BURGOA ORIHUELA PDF

Category: Resepte

.

Related Articles